
=====================================================================
Slaan 'n slag vir Afrikaans (AV 5:5)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Slaan 'n slag vir Afrikaans

Bruce Donaldson sorg vir 'n praktiese leerboek vir anderstaliges om Afrikaans te leer.

EK het dit lank betreur dat 'n moderne grammatika van Afrikaans nie bestaan nie, wat geskryf is met die oog op die buitelandse aanleerder 
van die taal, d.w.s. 'n boek spesiaal vir die behoeftes van 'n vreemdetaalspreker wat nie in Suid-Afrika woon en dus nie toegang tot die 
plaaslike middele vir die aanleer van die taal het nie.

Die invalshoek wat 'n mens gebruik om 'n vreemde taal te leer aan anderstaliges wat in die land woon waar die taal gepraat word, behoort 
anders te wees as di wat jy moet gebruik wanneer jy die taal aan 'n publiek wil bekend stel wat nie daagliks daarmee in aanraking kom nie. 
Om te begin kan jy die taal nie deur middel van die teikentaal aanbied nie, wat uiteraard wel die geval is met die groot verskeidenheid 
skoolboeke wat geskryf is vir die vak Afrikaans as tweede taal in Suid-Afrika.

Die probleem is dat Suid-Afrikaners klaarblyklik nooit gedink het dat daar miskien mense kan wees wat nie in die land woon of daar 
grootgeword het nie, wat behoefte sou h aan 'n ander benadering. Ek het vroer self daaronder gely dat daar nie boeke te kry was wat 
geskryf is met die oog op my behoeftes nie. Jy kon absoluut niks buite Suid-Afrika in die hande kry nie, behalwe Burgers se Teach yourself 
Afrikaans, wat al jare nie meer beskikbaar is nie en buitendien toe al vreeslik verouderd was.

Daar was boonop nie 'n omvattende beskrywing van Afrikaans in Engels wat bv. die belangstellende linguis in die buiteland kon raadpleeg 
nie. Baie aspekte van Afrikaans interesseer linguiste, selfs al wil hulle nie noodwendig die taal as sodanig leer nie, bv. die dubbele 
ontkenning, Afrikaans se kontak met ander tale en gevolglike benvloeding, die besitlike se-partikel, die reduplikasiekonstruksie (bv. plek-
plek, speel-speel), die vereenvoudigde werkwoordsisteem.

Ek het dus omtrent tien jaar gelede besluit om hierdie leemte in die mark te vul, want dit het gelyk asof so iets nooit uit die pen van 'n 
Suid-Afrikaner sou kom nie. Dit was weliswaar die apartheidsera en Suid-Afrikaanse akademici was toe internasionaal gesoleer.

Selfs nou is die mark maar betreklik klein, maar as jy as skrywer met jou produk by 'n groot internasionale uitgewer kan beland, wat in 
staat is om sy publikasies wreldwyd te versprei, staan jy 'n kans om di mark te bereik, wat wel deeglik bestaan.

My dilemma in die begin was wat om eerste te doen: 'n omvattende werk vir die internasionale vakman van die taalwetenskap, of 'n minder 
akademiese werk wat al die potensile aanleerders van Afrikaans in die wreld goed te pas kon kom? Ek het met 'n sekere aarseling die 
eerste opsie gekies - aarseling omdat di projek weliswaar meer aansien sou geniet en dus goed vir my reputasie in die akademiese wreld 
sou wees, maar baie minder mense sou bereik. Dit sou dus weinig doen om die frustrasie op te los van mense wat buite Suid-Afrika woon en om 
watter rede ook al Afrikaans wil leer, maar nrens 'n behoorlike leerboek kan kry nie.

My ydelheid het gewen en in 1993 het A grammar of Afrikaans verskyn, uitgegee deur Mouton de Gruyter in Berlyn. Dis nogal goed ontvang. Dit 
voldoen sekerlik aan 'n bepaalde behoefte, lyk pragtig in sy maroenkleurige baadjie, maar word door geen kip gekoop nie -- soos die 
Nederlanders dit so mooi s -- want dit kos 248 Duitse mark!

Die volgende uitdaging was dus om di inligting op 'n ander manier aan die leser aan te bied sodat dit van praktiese nut kan wees vir 
diegene wat Afrikaans wil bemeester. Maar dit het nie sin om 'n boek te skryf wat niemand wil uitgee nie. Om 'n uitgewer oor te haal om 'n 
boek uit te gee, moet jy hom kan oortuig dat daar 'n behoefte is.

Suid-Afrikaanse uitgewers kon moeilik daarvan oortuig word. Ek het presies dieselfde probleem jare gelede in Nederland gehad met 
Nederlandse uitgewers wat nie wou glo dat daar Engelssprekendes is wat Nederlands sou wou leer nie. Ek ken verskeie Engelse uitgewers -- na 
my mening die enigste werklik internasionaal-denkende uitgewers in die wreld -- maar niemand wou glo dat daar hoegenaamd 'n behoefte aan 
'n leerboek vir Afrikaans was nie. Nadat ek vir 'n Routledge reeks Colloquial Dutch geskryf het, wat in minder as 'n jaar uitverkoop was, 
het ek di uitgewer gesmeek om my ook 'n deel oor Afrikaans te laat skryf: die reaksie was totale onbegrip en weiering om te glo dat 'n 
mark vir so 'n boek bestaan.

Ek het nog 'n paar jaar bly soek na 'n uitgewer en was op die punt om tou op te gooi toe daar onverwags 'n brief van Routledge kom. Sy 
wonderlike, nuwe reeks van praktiese taalboeke (die Colloquial reeks) het intussen 'n nuwe redakteur gekry, wat besig was om al die 
korrespondensie van die laaste jare deur te gaan. Hy stuit toe op my versoekbriewe en was verstom dat sy voorgangers nie daarop ingegaan 
het nie. Hy het onmiddellik geskryf en sy onbegrip uitgespreek. Routledge het van die begin 'n ho prioriteit aan di reeks gegee en 
volgens die nuwe redakteur was die tale van Afrika erg onderverteenwoordig. Hy kon nie begryp waarom 'n leerboek vir "een van die 
belangrikste tale in Afrika" (sy woorde) deur sy voorgangers afgewys is nie. Dit was 'n onreg wat onmiddellik reggestel moes word. Hy het 
boonop gevra of ek mense ken wat so gou as moontlik 'n Zulu en 'n Xhosa grammatika vir die reeks sou kon en wou skryf. Al my drome het waar 
geword.

Colloquial Afrikaans, 'n leer-jouself-leerboek met baie lewendige oefeninge, blokraaisels, leesstukke, dialo en lesersvriendelike 
uiteensettings van die grammatika van Afrikaans sal in die loop van 1999 verskyn. Dit sal bemark word met twee kassette waarop al die 
dialo en leesstukke in die boek opgeneem is. Die leerder, waar hy hom ook al in die wreld bevind, kan daarmee gewoond raak aan die (nogal 
moeilike) klanke van Afrikaans, selfs voordat hy die kans kry om hierdie pragtige, gutsy taal in sy natuurlike -- en vir 'n buitelander 
baie eksotiese -- omgewing te belewe.

Ek hoop dat hierdie boek meer sal doen as enige ander boek ng om 'n praktiese kennis van Afrikaans aan mense buite die grense van Suid-
Afrika en Namibi oor te dra. So 'n boek kan ewe nuttig wees vir binnelandse gebruik, veral deur immigrante.   Prof. Bruce Donaldson , hoof 
van die Departement van Germaanse Studies aan die Universiteit van Melbourne, Australi, se liefde vir Nederlands het oorgespoel op 
Afrikaans en in die tagtigerjare het hy aan die Vrystaatse Universiteit sy doktorsgraad verwerf met 'n proefskrif oor die invloed van 
Engels op Afrikaans.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5518.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1998 /// Hanteer praktiese taalprobleme menswaardig (AV 5:5) 
/// Oor vryheid en onvryheid (AV 5:5) /// Nederlandse boeke in Suid-Afrika (AV 5:5) /// Wie sal die verlossende woord spreek? (AV 5:5) /// 
Toonvenster van talent (AV 5:5) /// Hegte vriendskapsbande met Vlaandere gebou (AV 5:5) /// 'n Nuwe Afrikaanse webwerf (AV 5:5) /// 
Gehalteprodukte verdien sente (AV 5:5) /// Europese studie-ervaring is binne bereik (AV 5:5) /// Kroniek van twee gesprekke (AV 5:5) /// 
Die wel en wee van Afrikaans se statusprys (AV 5:5) /// Ons sing in Afrikaans! (AV 5:5) /// 'Aitjiebul' speel met taal (AV 5:5) /// 
Vrouekrag in die Suid-Kaap (AV 5:5) /// 'n Gees van fees in die lug (AV 5:5) /// 'n Skrywersoog op Kersfees (AV 5:5) /// Stel die land en 
al sy mense sentraal (AV 5:5) /// Slaan 'n slag vir Afrikaans (AV 5:5) /// 'Interessante tye' vra innovasie (AV 5:5) /// Veeltaligheid is 
'n bron van kennis (AV 5:5) /// 'n 'Oulap' se stories laat die taal vonkel (AV 5:5) /// Sport en sports vir joernaliste in Londen (AV 5:5) 
/// Ek en die lytest geneuk (AV 5:5) ///

